kagablog

March 31, 2007

Nikhil Singh – Pressed up Black

Filed under: mick raubenheimer — ABRAXAS @ 12:56 am

Nikhil Singh is nou al vir jare amper-bekend vir die donker-eksotika van
sy visuele skeppings. Ondermeer verandwoordelik vir die oog-terg oorspronklikheid van sy ‘graphic novel’ wat destydse Constructus Corporation se ‘the Ziggurat’ album begelei het, duik sy altyd interessante illustrasies hier en daar in onverwagte plekke op. Nikhil is ook ‘n uitstekende skrywer. En nou – Pop sanger?

‘Pressed up Black’ se musiek herroep die los, eksentrieke 80′erjare Pop groepe soos Talking Heads en Duran Duran. Die album bestaan uit klein, eenvoudige melodiee, met elke snit sy eie eiland van instrumente en styl – van Pop-erige Clash na Waitsian tipsy tango, reenerige middernag saxofoon, tot middeleeuse folksmusiek. Singh klink baie gemaklik agter die mikrofoon, sy effe Britse aksent bind gemaklik die subtiele verskeidenheid van style op die album saam.
Soos met sy visuele werk, le die mooi reg langsaan, of sommer so tussen-deur, die lemme – en in ‘Pressed up Black’ le die lemme in die lirieke.
Singh se visuele aestetika vind daar stem: Singh is nog altyd gefassineer deur, en bewonder, die verskeie spannings wat onderliggend, en bepalend, van die Natuur en die werklikheid is. Sy sagtste, vroulikste ink-vroue bars onverwags met lemme en androiiede intrusies, sy vraaiste klein marmotjie ontvorm in ‘n kwylende ondier in. In ‘n onlangse onderhoud met Mail & Guardian som Singh dit op deur te se dat ‘n tier se pragtigheid bloed-in-aar loop met sy gevaarlikheid, die twee aspekte is inter-afhanklik.

‘Pressed up Black’ is goed op alle vlakke, en neem ditself nie te ernstig op nie. Vir almal wat gedink het net Depeche Mode kan Pop musiek met ‘n tikkie Goth inspuit, draai na ‘Pressed up Black’, hier’s ‘n skinkbord vol interessante inspuitings wat wag..

Leave a Reply