gebedgedig
steek my weg, liewe jesus
ek’s bang om besluite te maak
en ek’s bang vir wie ek is
sit jou hande oor my oë
dat die son my nie verblind nie
dat ek nie gevaar kan sien nie
neem my kruis, liewe jesus
ek’s bang om dit self te dra
ek’s bang om alleen te wees
syfer deur my gewete
met ‘n blinddoek oor jou oë
dat jy nie sondes kan sien nie
en asseblief, liewe jesus,
maak my vanaand dood
sodat ek nooit hoef te leer
hoe om myself te wees nie
amen

April 27th, 2008 at 7:39 pm
“ek’s bang om dit self te dra
i know what you mean
ek’s bang om alleen te wees…
maak my vanaand dood
sodat ek nooit hoef te leer
hoe om myself te wees nie”
mooi gedig
April 27th, 2008 at 9:14 pm
Jy bid vir die verkeerde aura
ek dink Jesus
sou dalk iets ooreenstemmend gebid het,
as daai rassistiese seksis Pa van hom
dit toegelaat het..
okay ek weet dit wasisal ironies
mar daai arme ou is so obvious target
bid eerder vir jouself,
vir daai god
wat jy weet jou gloei
(ek het ook ‘n nice resep vir hamburgers as jy belangstel)
miaOut