kagablog

May 3, 2008

dwarreldrome

Filed under: poetry, louis roux — ABRAXAS @ 1:53 am

onsekerheid flikker in jou oë
en word weerspieël in die akkedisbewegings
van ons hande op mekaar se lywe
ewigheid gepers soos ‘n vlinder
en leeftye se prag word in
‘n
oomblik
vasgevang

die water vang ons skadurefleksies
en draai dit in sterrenette toe
en gooi hul lig saggies op jou hare
jou oë, jou lyf, jou lippe en jou asem
draai nou nog in my drome rond

2 Responses to “dwarreldrome”

  1. cecilia Says:

    fokken hel maar jy kan skryf

  2. mick Says:

    Yeah. Sluwe toor daai!

Leave a Reply