verkenning
ek wil elke noot in jou liggaam hoor
elke rillende spierbeweging ‘n lied
wat nagte deur my kop sal dans
ek wil elke skadu in jou oë sien
elke vou ‘n refleksie van ‘n ander wêreld
wat ek in my drome sal verken
ek wil elke kurwe van jou siel leer ken
en elke sagte nuanse in jou voel sodat ek
jou herhinnering in die aand kan vashou

May 21st, 2008 at 6:05 pm
magtig … dit is beeldskoon!