kagablog

June 1, 2008

SUBTEKS

Filed under: poetry, louis roux — ABRAXAS @ 4:19 pm

(put die betekenis)

ons stamp ons koppe

(uit my woorde uit)

teen lug om te versmoor

(sny hulle kele)

om te stik aan suurstof

(laat die sin uitbloei)

op die onsigbare maat

(laat die lyke droog)

van ons eie requiem

(op die grond gaan lê)

(‘n kosher gedig)

Leave a Reply