kagablog

June 3, 2008

VERLORE BLOM

Filed under: poetry, louis roux — ABRAXAS @ 4:07 pm

flikkerings van gisteraand

vlieg verwar deur my kop

jou verskeurde asem

weerklink nog in my ore

en die verlange in jou oë

brandmerk my siel

ek het jou blom, oopgebloei,

gesoen en vertroetel

die holte van jou passie

ondersoek en vervoel

jou littekens

ysig langs jou vuur

los riffels op my tong

en my hand ruik nog na jou

Leave a Reply