HUIS VAN SELF-VERWYT
liefde sit in die badkamer
en sny sy bene stukkend
om die bloed te voel vloei
verdraagsaamheid lê in die slaapkamer
en maak asof hy slaap verloor
sodat hy kan spog met donker kringe
geduld hang aan die plafonbalke
en wurg stadig stadig dood
en ruk en spat en spoeg net aspris
doodslus staan op die balkon
en skree omluid vir die wind se ore
om te kan sê hy’t aandag gekry
net stilte sit alleen
en dink aan die niks agter ewigheid
en voel hoe ‘n traan
saggies by sy wang afrol
October 11th, 2008 at 4:17 pm
Uitstekend! Ek het toevallig op hierdie webtuiste afgekom. Ek skryf self gedigte soortgelyk aan hierdie een. Dit voel asof ek my eie gedig lees. Ek is nuut in die digter wereld en soek iemand om my gedigte te publiseer. As enigeiemand my leiding kan gee sal dit baie waardeer word.