SWANESTERWE
weerklinkings en weerkaatsings
dans in die holtes van my kop
van jou prag en jou swanesang
voordat jy, so grasieus soos ‘n duif,
deur gestolde lug geval het
jy het getuimel vanuit die hoogtes
en die wolke het jou vlerke verskeur
en vere het op die wind weggewaai
en my gewete kom verswart
jou lyk het stadig
by my voete tot rus gekom
en ek het jou vlerke probeer genees
(ek sou my lewe gee
om jou weer te sien vlieg)
maar jou bloed was alklaar koud
en ek was al lankal nutteloos
Leave a Reply