VASGEVANGDE VLINDERS
ons lê in konkreet koekonne
en slaan ons verkrimpte vlerke
teen ons versteende tronke
ons hap ons dreigemente
teen die plafon vas
en niemand, niemend kan dit hoor nie
ons sit elkeen alleen
in ons eie klein koekon
en gebruik ons verottende bloed
om prentjies van mekaar te skilder
teen die ongekraakte mure
en praat omluid met onsself
en dink ons praat met mekaar
ons sal sterf in ons konkreet koekonne
sonder om die lig te sien
sonder om eers die vaste mure
die vaagste glinstering van ‘n kraak te gee
sonder om ooit vry te wees
Leave a Reply