DIE SKAPE
elke dag sien ek die skape
met die sonskyn in hul oë
en hulle wei elke dag
aan die gras van leuens
en niksvermoedend
dans hulle by die afgrond
af
met giggels so plesierig
trippel hulle oor die lyke
van wat hulle eintlik kon wees
en met die lug in hul koppe
sal hulle doen net wat die meesters sê
en propaganda is al wat hulle het
die skape sal geslag word
sonder dat hul oë knip
sonder dat hulle ooit
regtig lewendig was
Leave a Reply