VERLORE ONSKULD
alle onskuld is nou verlore
en ek kan nie onthou hoe dit is
om ‘n kind te wees nie
dis alles net vae herhinneringe
van verjaarsdae en kleuter partytjies
doringrosie het vigs gekry
want die naald was nie skoon nie
en die dwergies het sneeuwitjie se keel gesny
toe haar pa nie die losprys betaal het nie
repelsteeltjie het long-kanker gekry
en nou val al haar hare uit
hoopstad is ‘n brandende silhoeët
in die agtergrond van my lewe
bogom loop verdwaald in die grootstad rond
die stad van gemors, grewelerige geperste gemors,
en voetsêk het al lankal sy naam
na fokof verander
sproetjies het haar polse gesny
liedjies help nie vir self-beeld nie
otto sit al lankal in die hondebeskermingseenheid
met drie bene en geen kos
die kuikentjie wat na sy mamma gesoek het
is nou op ons eetkamer tafel
die broeders grimm skryf nou laken-fiksie
want daar’s net so veel meer geld
“kyk hoe vinnig word die kinders groot!
laas wat ek jou gesien het, he jy met lego gespeel,
nou sit jy al katte in die mikrogolfoond!”
spiderman sit alleen in ‘n kroeg
en onthou sy dae van glorie
batman bly nou in hillbrow
want sars het die batcave oorgeneem
en afgeveil aan ‘n pedofiel
nou’s al my verskonings opgebruik
en ek kan nie langer onskuld verklaar nie
maar die ergste van alles?
ek gee nie om nie
Leave a Reply