kagablog

July 24, 2008

Ontsnapping

Filed under: poetry, louis roux — ABRAXAS @ 9:08 am

my gedagtes ontvlug, ont

snap

val by die trappe af

en neuk die straat in

hulle stop die eerste bus

en klim bang en paniekerig in

want hulle wil my laste nie dra nie

wil nie meer hulle werk doen nie

my gedigte hardloop

weg

en spring van die derdeverdiepingbalkon

af

sleep hulself met gebreekte bene

na die naaste taxi en klim in

kyk benoud agter hulle

of ek hulle nie dalk gevolg het nie

maar ek het nie

want dis nogal moeilik

om iemand te volg

as jy blind is

Leave a Reply