Grimeringesig
verdwaald loop ek deur my herinneringe
van die stukkies wat jy agtergelaat het
opsoek na iets wat ek myself kan noem
na iets wat my weer lewendig kan hou
verward dwaal ek deur die frakture
van die masker wat ek wil agterlaat
opsoek na iets wat werklik is
na iets wat nie net grimering is nie
Leave a Reply