kagablog

August 16, 2008

Die longdropmars (2007)

Filed under: johan thom, poetry — ABRAXAS @ 5:22 pm

die longdrop mars
uit kaja van klip en sink
stofpadslaan in rye van twee
vier voet vyf voet ses voet lank
regs dra brood en n links bring melk
die toekoms is blink
hosanna!
sien geen traan of bibberlip hier
hosanna!

met pot en pan en allerlei spys
molotovmammas brou lat dit bars
gulsig verorber die arbeider sy loon
van fokkol tot fakkel in die knip van n oog
en erens huil wolf
die toekoms is blink
hosanna!
sien geen grag of graf daar voor
hosanna!

die bloedrooi see skei
wal van water in tien duisend paaie
met enkelstaf n wond geslaan
van weeld of ween geeneen sal dit nog weet
tot voet op pad die einde vind
en hart tot ruste kom
hosanna!
wie sal ons lei die doolhof in?
hosanna!

Leave a Reply