Ontneem my
Stadige woorde uit asem gepraat … ontneem my
Die trane wat wil-wil skitter agter in-sienende oe” … ontneem my
‘n Glimlag wat verdwyn soos ‘n hand beduie vanuit ‘n lang swart jas wat
jou toevou en vashou … jy ontneem my
‘n Stem wat losbreek uit ‘n verskuilde hart dra my weg uit my uit … en
ontneem my
Die waarheid in jou gesig
Die wense in jou menswees
Die troos in jou hart …
ontneem my en maak my meer wil wees.
Ek is deur jou ontneem sonder rigting sonder koers …
ontneem en oorgeplaas op die pad waar jou gedagtes wandel
…
ontneem my … en vat my saam?
Leave a Reply