Rooi
Donker, nat, rooi plekke
deur jou vingers oopgeskeur.
Nat en rooi geheime
deur jou mond verrinneweer.
Drippende tonnels oopgegrou
Deur nat, rooi vingernaels
En donker dinge uitgepluk,
gelok met nat, rooi aas.
Rooi are bars in nat rooi oe'’
En nat, rooi trane val …
Maar die oe'’ wil bars in pyn en wraak
in die nat, rooi waterval.
Leave a Reply