kagablog

February 14, 2010

Nietig

Filed under: poetry, melissa adendorff — ABRAXAS @ 3:43 am

kaal op die vloer voor jou sit die nietige vorm ‘n uit-asem gebed en
vluister …
hande vasgeknoop in ‘n stil bewerasie.
soos lippe sonder geluid beweeg sien jy asem in die koue lug verskyn en
verdwyn …
net soos die gedagte wat deur die geklemde kake uitglip vir jou om te hoor.
ontverm jou vir die vorm, die gesig sonder ‘n naam.
ontverm jou oor die lyf wat blou word in jou teenwoordigheid.
maar moet net nie daaraan raak nie, die stilte is aansteeklik … netnou
klou jou hande ook maar aan niks vas nie terwyl jy neer daal in jou eie
skaamte en jou longe met die water van ongevalle trane vul en jou na jou
asem laat smag.
as jy smag smelt jou vorm saam met die ander, op die vloer soos ‘n
standbeeld van geliefdes wat saam in iets glo.
kyk liewer weg van nietigheid af en verblind jou aan dit wat voor jou nog
alteid bewe en sug en klou.
kyk neer op die niks wat jy nooit kan wees nie en stap net verby, uit by
‘n deur.

December 27, 2009

Die Keuse

Filed under: poetry, melissa adendorff — ABRAXAS @ 4:58 am

In die stilte skree sy gedagtes.
Sy vel is koorsig en bleek. Hy begin sweet; hy drip, ‘n drenkeling.
Die gal wat hy afwurg kondenseer teen sy agterverhemelte.
Hy hoor haar nie meer nie, maar haar mening val op hom soos stukkende glas.
Hy bols y vuiste styf om haar woorde wat in sy palms splinter.
Hy sien haar heimwee en strek uit na die afwykende gesig wat verby hom kyk.
As hy haar net tog kan behou … maar hy hoor in die stilte how sy
gesplinterde vingers haar wang krap; sy aanraking word gekerf.
Die ding wat tussen hulle die lug verdik lê beskadig in sy hartsgeheim wat
sy vorseer is om te herbeleef.
Sy tree agtertoe in die ontsmette kamer met die swanger lug.
Nou’s hy jammer, en wil vir haar die keuse gee. Die doodsnood het soos
die sout in sy sweet sy liggaam verlaat.
Maar nie hare nie.
Sy geheimenis sit in ‘n knop in haar wese … en in haar baarmoeder. Sy gif
is deur haar eierstokke tot in haar bloedstroom in.
Sy verdoof haar ore teen sy hol woorde.
Haar haat groei saam met die kind.

December 11, 2009

Ma

Filed under: melissa adendorff — ABRAXAS @ 12:47 pm

Ek kyk na haar en sien hoe ongemaklike waarhede haar beklee in ‘n vel wat
haar net te styf omhels.
Ongemaklike plooie strek uit van ongemaklike openinge; die oog wat net
gemaklik kyk as hy op ‘n skrefie getrek is,
die mond wat net gemaklik hang in ‘n onderstebo glimlag, net genoeg
afgedraai vir haar gif om van haar tong af te drip.
Ek kyk na haar hande met opstaan are wat soos slange onder haar vel van
haar palms tot in haar vingerpunte in sluip om hulle gif tot in haar
vingernaels in te spuit.
Ek sien die borste wat minder vroom is in hul volledigheid as wanneer ek
van hulle gedrink het.
Ek aanskou die vroulike vorm voor my en weet nie wie dit veronderstel is
om te wees nie.
My ma?
Maar sy’s net die lyf wat vir my broeikas gespeel het.
Die manier waarop haar skrefies oog my bekyk en nie herken nie maak haar
net die herrindering van my ma se lyf.
Ongemaklike waarhede van mislukking in haar moeders-rol het die moeder in
haar vermoor. Jare se woorde van woede en haat het haar ore doof gemaak
vir ‘n moeders-tong wat nooit moes ophou sus het nie.
Ek gaap die vorm voor my aan. Dit wat oorgebly het na ‘n agterstevoor
aborsie.
Sy ken my nie meer nie.
My waarheid het haar versmoor. My dooie drome het in haar vrot geword en
die lyke van haar kindjies-hoop het haar vel en vingers vergiftig.

December 8, 2009

Buitelyne

Filed under: melissa adendorff — ABRAXAS @ 2:45 pm

Omlyn my in sagte strepe wat liggies langs mekaar le^
Wat vloei in vorm, leweloos.
Wasem van jou verbeelding streel op en af binne my lyne
Soos die lewe in my in bloos onder jou kunster-oog,
Tot ‘n lewende kleur skakering van ‘n vel oor my buitelyne val.
Maar as jou kunster-oog wegkyk,
verf jou kunster-hand my lyne koud en blou,
met wit wolke wat die rooi van my lippe verdoof tot dat ek verdwyn in die
agtergrond van die kunswerk van jou gedagtes.
En wanneer my lyne so lig is,
dat net ek weet dat hulle daar is,
val jou kwas oor my wese.
Oor en oor in onvolledige kleure wat my uitroei in ‘n see van swart.
En die swart val oor my lyn prentjie soos die nag.

November 15, 2009

Die Drie

Filed under: poetry, melissa adendorff — ABRAXAS @ 1:37 pm

Ek het twee keer van tevore vir Dood ontmoet.
Ek het hom met my eie hand gegroet.
Een keer was ek bewus en my siel het daarvoor gebloei.
Die ander keer was my bewussein beroof van wat my lyf gedoen
het, maar die oomblik het homself op my gewrig graffeer,
drie keer. Drie keer.
Drie lidtekens wat ‘n oomblik van geweld binne
in hulle probeer vaskeer …
maar die oomblik worstel teen my vel
en rek die merke blink uit soos die geweld
iemand anders wil betas.

Hulle voel vreemd vir my vingerpunte,
asof hulle nie deel van my is nie,
al is hulle my vel.
Elke ander lidteken,
elke ander merk
is ‘n oomblik
aspris in my vel in uitgebeeld,
in aandenking vir gevoelens so omhelsend
dat hulle eers deur my vleis onthaal word
voor my siel voor hulle buig.
… behalwe vir die drie …

En terwyl die ander terug trek in hulself in
en dun wit paaie van onthou uitwys,
die drie voel niks vir die vlerke van tyd nie
en bly donker, pers
aangetaste vel.

Ek kan nie van hulle af wegkyk nie.
Ek kan nie aan hulle raak nie, maar
die drie raak aan my sig,
vorseer my gedagtes binne in, diep,
tot dat my siel net afkyk en vergeet van voor af.
Maar partykeer ontwaak ek uit ‘n
angsbevange on-onthoubare droom
wat vel met mes groet net buite die ruim
van sig, voel ek hoe die drie my asem laat smag
en begin koorsig gloei, en
dan onthou my bewende lyf
die handskud wat my siel laat skree.

Rooi

Filed under: poetry, melissa adendorff — ABRAXAS @ 11:08 am

Donker, nat, rooi plekke
deur jou vingers oopgeskeur.
Nat en rooi geheime
deur jou mond verrinneweer.
Drippende tonnels oopgegrou
Deur nat, rooi vingernaels
En donker dinge uitgepluk,
gelok met nat, rooi aas.
Rooi are bars in nat rooi oe'’
En nat, rooi trane val …
Maar die oe'’ wil bars in pyn en wraak
in die nat, rooi waterval.

November 10, 2009

Ontneem my

Filed under: poetry, melissa adendorff — ABRAXAS @ 2:39 pm

Stadige woorde uit asem gepraat … ontneem my
Die trane wat wil-wil skitter agter in-sienende oe” … ontneem my
‘n Glimlag wat verdwyn soos ‘n hand beduie vanuit ‘n lang swart jas wat
jou toevou en vashou … jy ontneem my
‘n Stem wat losbreek uit ‘n verskuilde hart dra my weg uit my uit … en
ontneem my
Die waarheid in jou gesig
Die wense in jou menswees
Die troos in jou hart …
ontneem my en maak my meer wil wees.
Ek is deur jou ontneem sonder rigting sonder koers …
ontneem en oorgeplaas op die pad waar jou gedagtes wandel

ontneem my … en vat my saam?

September 7, 2009

Wiegeliedjie

Filed under: poetry, melissa adendorff — ABRAXAS @ 6:02 pm

wiegeliedjies gevluister vir die kindjies in die grond
gekomponeer, in sweet geskree, bloukolle helder bont.
handjies, vingers uitgestrek na mamma se gesig
met rot oog en wurm tong en gesplinterde gewrig.
afval woorde drip daaruit koolstof bloed en sop
en kom tot rus in ‘n nagsoen op babatjie se kop.

October 9, 2008

The memento mori of a broken mind

Filed under: melissa adendorff — ABRAXAS @ 10:54 pm

A labyrinth descending into a bleary-eyed dementia.
Dead dreams dream of dead things.
Dead eyes cry dead tears.
A dead hand on a dead heart, interlocked dead fingers laced,
Held in place by a stone cold fist, like death,
A waking death, a succubus of a nos feratu dream
Eyes staring into eyes seeing, grey
Colourless, lifelessness, descending dry, cracked lips parting to receive a vampiric kiss of life, of breath
But parted lips expel dead whispering cries of a tightened throat
Choked
Suffocated
Strangulation’s red tears held behind the heavy lids of dead eyes shining dully in the black of night.
Memento mori, dead memories …
A time of unquiet wakefulness
When eyes could see not what was hidden behind their tortured sire’s mind.
Memories falling in and on the eyes
Never closing
Penetrating
Dead eyes, dead relics, strung together
A string of pearls
A noose
Memories tighten it, and push the eyeless vessel into its suspended death.

January 25, 2008

mortified

Filed under: melissa adendorff — ABRAXAS @ 4:25 am

0386.jpg

Your eyes hold me down on the floor, I can feel it, cold, beneath my heaving chest as you stare at me, your eyes ablaze, astonished,

I lie there naked, shaking, scared … I can’t do this – can’t let you see – I don’t want your eyes to hold me I can’t let them restrain me,

I see you seeing inside of me and I’m crawling, turned away from you, turned away from myself,

I’m mortified.

January 24, 2008

martelaar

Filed under: art, photography, melissa adendorff — ABRAXAS @ 3:47 am

0380.jpg

Maretelaar, my bloed val op jou voete
Deur jou vingers val ‘n traan
Jou hande oor my oë verblind my
Laat my gaan
Die spieël het verbrokkel in my bors
Die druk was te veel op my hart
Toe ek my hand wegvat, het jy aangehou sny – te diep. Te diep!
Dit bloei in my , en uit my uit, dit loop rooi trane
En jy troos my te hart
Jy maak my seer
Jy is my smart.

January 12, 2008

speechless

Filed under: melissa adendorff — ABRAXAS @ 9:32 pm

0201.jpg

January 10, 2008

Filed under: melissa adendorff — ABRAXAS @ 8:36 pm

0167.jpg

December 23, 2007

dead face

Filed under: art, melissa adendorff — ABRAXAS @ 12:49 am

0335.jpg

A crying wall stands around the empty memory of you.
A crying wall shackles you with chain-link tears.
Cold, wet stone breaks you and builds you.
A crying wall cries a tear for every mistake that you made.
A crying wall closes its eyes to the pain that you feel,
as you lean against it with a prayer on your lips.
But your prayer dies on the wind,
it crashes into the wall that holds you inside yourself.
a whisper of you crosses through the cracks that the tears have formed.
And with every whisper, I cry as one with the wall,
that won’t let you out as I won’t let you in.
your echoing footsteps haunt me.
A crying wall remembers you.

December 1, 2007

fantasies

Filed under: melissa adendorff — ABRAXAS @ 12:23 am

01.jpg

I invent a thousand fantasies, as I lay here, bared and bound, my body and my mind having been kissed by your soul, embraced and encumbered, ensnared by your eternally violent love, and as I cry out in anguish, you cry your desires and all I can do is suffer for your sake, or suffer your volatile ambivalence, which binds me to your coldness. Your soul is near enough for me to feel it breathe, yet its breath freezes me.
I invent a thousand fantasies, of gentle caresses and tender kisses that eclipse bruises and blood. When you see me, I close your eyes with my whisper, so that you can let go of me, this time, and let me breathe without restraint … let me not suffer for you tonight …
I invent a thousand fantasies, while you take all you desire, and I lie here, unashamedly denied what I demand, when all I demand is that your eyes meet mine, that you see my soul as yours entwines with me, your darkness extinguishing my light, as I lie here, bared in harrowing suffering, and all you do, as I beg, is forget, and I forgive because your mind loses sight of me, and I am left with only this despair of expired breath, which leaves my body raggedly as you ravish me, and I close my eyes to you so that only your touch remains.
I invent a thousand fantasies about your touch, which releases me from life, leaving me alive and there’s nothing I can do as your fingers run through my hair, and my mind travel their path with them, and your darkness covers me, and I fall into a slumber laced with your intoxicating breath, as you lie next to me, not letting me in.
I invent a thousand fantasies, as you make my mind run into the darkness of its deepest self, to get away from you, but I’m bound in my fantasies, to the ecstasy your soul’s whispering kiss draws me into, and so my fantasies die in the wake of your body lying next to mine, as I feel you breathe, and your breath warms me, as I feel it on my face, caressing my cheek, before your hand bruises it.

November 10, 2007

impunity

Filed under: melissa adendorff — ABRAXAS @ 12:21 am

Blind me Bind me Rape me
Blinded Broken Bound
Blind me Bind me Rape me
So I can’t make a sound.
Blind me Bind me Rape me
Blinded Broken Bound
Blind me Bind me Rape me
I lie on hallowed ground.
Blind me Bind me Rape me
Blinded Broken Bound
Blind me Bind me Rape me
In blood my soul is drowned.
Blind me Bind me Rape me
Blinded Broken Bound
Blind me Bind me Rape me
Through death, impunity’s found.

November 9, 2007

Filed under: melissa adendorff — ABRAXAS @ 12:10 am

0112.jpg

November 8, 2007

from the other side

Filed under: poetry, melissa adendorff — ABRAXAS @ 2:14 am

From the other side of the night, you reach out to me.
From the other side of sight, you no longer see.
From the other side of warmth, you are cold.
From the other side of time, you are growing old.
From the other side of your face, you are smiling.
From the other side of your mind, your thoughts are flying.
From the other side of you, I’m no longer me.
From the other side of us, isolation sets you free.
From the other side of death, your life has found release.
From the other side of happiness, you have found your grief.
From the other side of me, you have found who you are.
From the other side of near, you are still so far.
From the other side of pain, relief makes you cry.
From the other side of truth, I am still your lie.
From the other side of love, you are all I hate.
From the other side of everything, we are each other’s fate.

November 4, 2007

gothic

Filed under: photography, melissa adendorff — ABRAXAS @ 11:33 am

052.jpg